Posts

Bybelstudie groepe is belangrik. Ek glo dit met my hele hart! By Tygerberg Gesinskerk glo ons dat die Woord van God lewend en kragtig is. Ons glo dat wanneer ons tyd in die Woord spandeer, dan laat ons die Here toe om ons denke te vernuwe (Rom. 12:2). Daarom is ‘n Bybelstudie groep baie belangrik omdat dit nog ‘n geleentheid is om tyd te spandeer met en in die Woord van die Here.

Ek sien dikwels dat wanneer iemand by ‘n Bybelstudie groep aansluit, hulle geestelik groei – veral nuwe gelowiges, wat nog jonk in die geloof is. Om ‘n Bybelstudie groep by te woon en ‘n sinvolle studie deur te werk wat prakties, doelgerig en Woordvas is, is ongelooflik voordelig vir ons. Ek was al by Bybelstudie groepe in die verlede gewees waar die groep sit en bietjie gesels oor die Sondag se boodskap en ‘n paar versies met mekaar deel en dan deel elkeen hul gedagtes daaroor – dit was lekker, maar min het ek geweet dat dit nie so doeltreffend is nie.

Tygerberg Gesinskerk se Bybelstudies is gewoonlik 8 weke lank en elke week se studie bevat baie verse, goeie inhoud en lekker gespreksvrae. Die manier hoe ds. Johan die materiaal skryf werk baie goed en ‘n mens word gou gewoond aan die styl en formaat van die studies.

Ek bid en vertrou dat die studies wat ons hier beskikbaar maak vir elkeen wat dit aflaai tot groot seën sal wees.

Die Here seën,
Riaan