RE:BOOT Jou Lewe

“By U skuil ek, U beskerm my, in u Woord stel ek my vertroue.” (Ps 119:114)

“If we go back to the way we were, we will have lost the lesson.” – Onbekend

Ek het al baie gewonder hoe ons 2020 sou probeer opsom. Die woord “nooitgedagt” kry iewers ‘n plek in my hart. Nooit sou ons kon dink dat iets so vreemds op ons pad sou kom nie. Dit is kompleet soos ‘n draaikolk van gereelde “van-vooraf-begin” net om weer uit te vind dat ons nou weer van “rigting” moet verander. Dan kom al die vrae, bewerings, voorstelle, spookstories, wanhoop en “hond-jaag-sy-stert” manewales na vore. Ons kom nêrens, bly stilstaan en wonder: Wat het gebeur?

Ons het dringend ‘n sinvolle weer-oorbegin (Reboot) nodig.

Ds. Johan het hierdie Bybelstudie op agt fondasies van menswees kom bou en ons word hierin herinner dat God se Woord nog altyd al die antwoorde vir ons vraagstukke inhou. Neem jou tyd en geniet die studie. Dit is maklik om die argumente en stellings te volg. Ek het dit terdeë geniet.

Groetnis

Ds. Chris Heunis

*Jy is meer as welkom om die studie gratis af te laai, te gebruik en te versprei, maar moet dit asseblief nie verander of verkoop nie. Indien jy ‘n boekie wil koop, maak gerus kontak deur die Kontak vorm.