top of page
KLEIN JAKKALSE (eBoek / PDF)

“Onthou dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wag gehou het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie.” (Matteus 24:43)


Enige soldaat wat waghou, weet dat die gevaarlikste skof die vroegoggend een is. Dit is tussen 04h00 en 06h00 soggens wanneer die vyand aanval. Dit is wanneer iemand wie deurnag moes waghou, die moegste is. Die grootste uitdaging is die noodsaaklike waaksaamheid. Ds. Johan herinner ons in hierdie Bybelstudie aan die spreekwoordelike Klein Jakkalsies – die klein uitdagings wat ons dikwels pootjie en laat struikel. Hy wek ‘n waaksaamheid by ons waardeur ons die “dief in die
nag” kan uitoorlê.


Die tien onderwerpe wat aangeraak word, is baie bekend by ons. Dit word duidelik en verstaanbaar aangebied en laat baie stof tot nadenke, en dikwels noodsaaklike regstellende aksie.
Indien ons nie waaksaam is nie, ervaar ons dikwels hoe die jakkalsies ons aan die hakskeen byt of pootjie. Wanneer ‘n mens daaroor nadink, besef jy onmiddellik hoe onnodig dit was. Jy is skelm onkant gevang en betaal dan die duur prys daarvoor.


Die Bybelstudie kan individueel of verkieslik in kleingroepverband van waarde wees. Dit sluit betekenisvolle gespreksvrae in wat tot sinvolle besinning lei.


Die studie lees maklik en kan selfs vir tieners van waarde wees. Geniet dit wanneer ou waarhede weer opnuut sin maak.


Chris Heunis

KLEIN JAKKALSE (eBoek / PDF)

R0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

     

    U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.

    Vir meer inligting, kontak my gerus by glichelle@gesinskerk.co.za.

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page