Jabes

Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde:
“Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil
van my sodat geen smart my tref nie. – 1 Kron 4:10

Wat gebeur wanneer iemand wat totaal onbekend is, nie regtig die guns van mense geniet het nie en eintlik maar vir sy ma herinner aan baie pyn waarmee sy hom in die wêreld gebring het, eendag die Here aanroep?

Hierdie boekie gaan nie oor hoe om God se arm te draai om hoër hoogtes in die lewe te bereik nie. Hierdie boekie bevat nie ‘n geheim om in te tap in geloofsgenesing of welvaart nie. Inteendeel, hierdie boekie wil liewer die leser bring op ‘n plek waar hy ‘n diepe bewustheid ontwikkel dat selfs iemand wat ‘n niemand is, ook die Here kan aanroep – ook deur die Here gebruik kan word!

Ons dien voorwaar ‘n God wat die mens wat na hom soek nie ignoreer nie. Die woorde in 2 Kronieke 16:2 spreek God se hart so mooi uit: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.”

Ds. Chris Heunis

*Jy is meer as welkom om die studie gratis af te laai, te gebruik en te versprei, maar moet dit asseblief nie verander of verkoop nie. Indien jy ‘n boekie wil koop, maak gerus kontak deur die Kontak vorm.