Filippense

““Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” (Fil. 4:4)

In hierdie Bybelstudiereeks oor Filippense gaan ons na `n oorsig van Filippense kyk, asook 6 belangrike Skrifgedeeltes uit die boek behandel.

Met hierdie studiereeks sal die Bybelstudent die voordeel daarvan sien om stap-vir-stap deur `n spesifieke boek in die Bybel te werk.

Soos ons deur Filippense werk, gaan ons onderliggende temas teëkom. Ons gaan ook nuwe karakters in die Bybel ontmoet – karakters wat ons dalk nog nooit van gehoor het nie. Ons sal sien dat Paulus net so `n mens was soos enige van ons en dat hy ook `n groot behoefte gehad het aan die liefde en ondersteuning van sy mede-gelowiges.

Filippense is `n boek van warmte, liefde en simpatie. Paulus sê in hierdie belangrike brief dankie vir die gemeente in Filippi wat vir hom omgegee en versorg het. Die hooftema van Filippense is:

BLYDSKAP
“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” (Fil. 4:4)

My persoonlike gebed is dat, soos jy deur die Bybelstudie werk, jy sal sien dat jy ook `n groot verskil kan maak in mense se lewens, nes die gemeente in Filippi. My gebed is dat die Heilige Gees vir jou die openbaring sal gee dat om onselfsugtig deel te wees van ‘n liefdevolle Christen-gemeente, nie net blydskap vir ander mense bring nie, maar dat so ‘n lewenstyl ook jou eie geloof en blydskap in die Here sal verdiep!

Ds. Johan Delport

*Jy is meer as welkom om die studie gratis af te laai, te gebruik en te versprei, maar moet dit asseblief nie verander of verkoop nie. Indien jy ‘n boekie wil koop, maak gerus kontak deur die Kontak vorm.