Bybelse Idiome

Daar staan geskrywe: “’n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”
(Matt 4:4) 

Woorde is die medium wat ons gebruik om met mense te kommunikeer. Die vermoë om te kommunikeer, is ‘n gawe van God… deel van sy beeld in ons. 

Ons probeer die gedagtes of betekenis wat in die hart is, na ander kommunikeer deur taal, gebare en beweging. Musiek en kuns kan ook as vervoermiddels aangewend word. Een van die eienskappe van beeldspraak is die gebruik van idiome. 

Dit is wanneer hierdie kommunikasievermoë van die mens, wat deur die Gees van God aangevuur word, ‘n sterk geestelike ondertoon kry. Ds. Johan se fokus op Bybels-geïnspireerde idiome skep ‘n opwindende platform vir gesprek en ek het dit baie geniet om deur die materiaal te werk. 

Lesers en Bybelstudente sal beslis uitgedaag word om met ‘n nuwe benadering na welbekende idiome te kyk. Ds. Johan het ‘n besondere gawe om uniek na stellings te kyk en ons dan uit te daag met ‘n alternatiewe vertrekpunt. 

Ek het dit baie geniet en ek glo dat elkeen wat deur hierdie studie werk, dit ook baie sal geniet. 

Ds. Chris Heunis

*Jy is meer as welkom om die studie gratis af te laai, te gebruik en te versprei, maar moet dit asseblief nie verander of verkoop nie. Indien jy ‘n boekie wil koop, maak gerus kontak deur die Kontak vorm.