5 Fases van jou Geloof

As ons eerlik is, sal ons erken dat ons soms na die lewe kyk deur die verkeerde bril!  Dinge gebeur, maar omdat ons soms nie deur die regte bril kyk nie, interpreteer ons sulke gebeure dalk verkeerd.  Sulke verkeerde interpretasies kan baie negatiewe gevolge op ons hê…

In hierdie Bybelstudiereeks oor Geloof, gaan ons kyk hoe die Here selfs die slegte gebeure in ons lewens kan gebruik om groot dinge vir Hom te bereik.

Hierdie Bybelstudiereeks is bedoel om ons uit te daag om…

  • Die Here se Woord te glo
  • Die Here te vertrou met ons lewens
  • Dit te waag om onvoorwaardelik gehoorsaam te wees
  • `n Volle oorgawe aan die Here te maak.

Hierdie studie kan opgesom word in 2 verse:

Heb. 11:1 en Heb. 11:6

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

As `n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.”

*Jy is meer as welkom om die studie gratis af te laai, te gebruik en te versprei, maar moet dit asseblief nie verander of verkoop nie. Indien jy ‘n boekie wil koop, maak gerus kontak deur die Kontak vorm.